Jos Verstappen | |
---|---|
Verstappen in 2006
| |
Geboortedatum | 4 Maart 1972 |
Geboorteplek | Montfort, Nederland |
Nasionaliteit | Nederland |
Aktiewe jare | 1994–1998, 2000, 2001, 2003 |
Ou span(ne) | Benetton, Simtek, Footwork, Tyrrell, Stewart, Arrows en Minardi |
Inskrywings | 107 (106 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 0 |
Podiums | 2 |
Loopbaanpunte | 17 |
Voorste wegspronge | 0 |
Vinnigste rondtes | 0 |
Eerste F1-wedren | 1994 Brasiliaanse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2003 Japannese Grand Prix |
Jos Verstappen (gebore as Johannes Franciscus Verstappen op 4 Maart 1972) is 'n voormalige Nederlandse renjaer wat tussen 1994 en 2003 aan Formule Een deelgeneem het vir Benetton, Simtek, Footwork Arrows, Tyrrell, Stewart en Minardi. Verstappen was die Duitse Formule Drie-kampioen[1] en Meesters van Formule Drie-wenner in 1993.[1]
Verstappen het gedurende agt Formule 1-seisoene vir sewe verskillende spanne gejaag. Van 1994 tot 2003 het hy twee podiumplekke verower, die eerste Nederlandse F1-renjaer wat dit kon behaal.
Sedert Verstappen F1 verlaat het, het hy wedrenne in A1 Grand Prix en Le Mans Series LMP2-renne gewen, asook die 24 uur van Le Mans se 2008 LMP2-klas gewen.
Verstappen het sy seun Max van 'n vroeë ouderdom af in karting afgerig, en bygedra tot Max se suksesse as 'n F1-jaer wat die 2021 en 2022 Formule Een-jaerskampioen geword het. Jos het ook as bestuurder vir Max gedien.